Lewensaadjies - Episode 87: ‘n Nederigheid wat God laat raak sien
Revive our Hearts South Africa Revive our Hearts South Africa
1.31K subscribers
85 views
3

 Published On Aug 9, 2022

Andrew Murray het in sy boekie, Humility, gesê: “Nederigheid is nie om minder van jouself te dink nie, maar om minder aan jouself te dink.” Die enigste manier om minder aan jouself te dink, is om meer aan God te dink. Wanneer jy fokus op wie Hy is, op Sy grootheid en Sy heiligheid, dan raak jy bewus van jou eie kleinheid voor God. Jy raak bewus van wie jy is in vergelyking met God, jou posisie voor God. Hy is God, jy is mens. Dan spoel hierdie nederige gevoel wat jy het oor na ander mense toe. Dit wat jy is en wat jy bereik het, is net genade van God af. Jy kan nie hoogmoedig wees as jy besef dat wat jy het net genade is nie. Geen boek of lesing kan nederigheid egter vir jou leer nie. God gee dit vir jou. Dit is ‘n vrug van die Gees wat jy moet begeer en afbid van Hom af, want Hy ag dit hoog. (Jes. 66:2) Sodra jy self probeer om nederig te wees, raak jy juis trots op jou nederigheid en dit is nie wat God met nederigheid bedoel nie.

Lewensaadjies is 'n reeks van kort boodskappies wat deur Revive Our Hearts South Africa aangebied word. Elke Woensdag word daar ‘n saadjie gesaai wat jou kan help in jou geestelike groei

show more

Share/Embed