Lewensaadjies - Episode 86: ‘n Gesindheid wat God se kop laat draai
Revive our Hearts South Africa Revive our Hearts South Africa
1.31K subscribers
108 views
3

 Published On Aug 2, 2022

Wat sê God is die vereistes van ‘n huis waarin Hy graag sal wil bly? In Jes. 66:1 sê die Here: “Die hemel is my troon en die aarde die rusplek vir my voete. Hoe moet die huis dan wees wat julle vir My bou, die plek waar Ek kan woon?” Hy sê verder: “Dit is die een wat Ek raaksien, die een wat nederig is en berou het oor sy sonde, wat ontsag het vir my woord.” (Jes. 66:2 NLV) Daar is drie gesindhede wat God raaksien wat vir Hom aanneemlik is: om nederig te wees, om berou te hê oor sonde en respek (ontsag en eerbied) te hê vir Sy Woord. Dit word bevestig in Jesaja 57:15: “Ek woon in ‘n hoë, heilige plek, maar ook saam met die mens wat berouvol en nederig is. Ek gee nuwe krag aan dié wat nederig is en aan dié wat verdruk word, en nuwe krag aan dié wat berouvol is.” Dit is God se voorkeur blyplek. Nederigheid is vir God baie belangrik. Die wortel van die sondeval was hoogmoed en die wortel van alle bekerings is nederigheid.

Lewensaadjies is 'n reeks van kort boodskappies wat deur Revive Our Hearts South Africa aangebied word. Elke Woensdag word daar ‘n saadjie gesaai wat jou kan help in jou geestelike groei

show more

Share/Embed