Lewenssaadjies - Episode 106: Die einde van ‘n seisoen
Revive our Hearts South Africa Revive our Hearts South Africa
1.31K subscribers
230 views
13

 Published On Jan 17, 2023

Ps. 19:15, wat sê: “Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser”, is van jongs af Retha se lewensmotto. Dit is wat Retha nastreef, om net te doen wat die Here tevrede stel. Wanneer Retha aankondig dat die seisoen van die Lewensaadjies vir eers verby is en dat sy op ander opnames moet fokus, weet sy dat dit is waarheen die Here haar nou lei. Sy is opgewonde oor wat die Here in die Lewensaadjies se plek beplan. Almal wat geluister het en gedeel het met ander, word bedank. Alle eer kom egter die Here toe vir dit wat Hy kom doen het deur die Lewensaadjies. Mag daar nog baie vrug wees op die saadjies wat gesaai is.

Lewensaadjies is 'n reeks van kort boodskappies wat deur Revive Our Hearts South Africa aangebied word. Elke Woensdag word daar ‘n saadjie gesaai wat jou kan help in jou geestelike groei

show more

Share/Embed